UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul...

18
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 33 25 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie geluk aan ons leerders wat so puik gevaar het tydens die WOW-spelfees. Ons is voorwaar trots op julle! Encore 2018 Sterkte aan al die deelnemers wat vanaand en moreaand optree. Baie dankie vir al die personeel wat so hard gewerk het om hierdie revue op die been te bring. R5-projek Ons herinner ouers aan die vrywillige R5-projek. Die houertjies kan reeds nou al by Lizelle Fritz in die algemene kantoor ingehandig word. Die leerders kan ook tydens ons Dankfees op 30 Oktober dit kom inhandig. Baie dankie aan die van u wat die R5-projek reeds ondersteun het. Personalia Ons dink aan Servaas Nel wie se mamma baie ernstig siek is en al geruime tyd in die hospitaal is. Servaas, ons bid dat daar spoedige beterskap sal wees. Baie geluk aan Zelda Duvenage wat verlede week met Ruan Macdonald in die huwelik getree het. Mag julle huwelik geseënd wees. Baie geluk ook aan Maricia Macdonald wat ‘n nuwe skoondogter bygekry het. BELANGRIKE DATUMS DATUM AKTIWITEIT ALGEMEEN 30 Oktober Dankfees 6 November Gr. 7-prysuitdeling 23 November Gr. 7-Gedenkklokseremonie 23 November Gr. 1- tot gr. 6-Afsluitingsfunksie op rugbyveld 26 November Gr. 4- tot gr. 6-Sport- en kultuurprysuitdeling 28 November Gr. 7-Afsluiting Gold Reef City AKADEMIE 12 23 November Eksamen: Gr. 4- tot gr. 7-leerders SPORT 9 16 November Trinity Festival o/9’s KULTUUR 25 & 26 Oktober Encore! Revue en Koor musical

Transcript of UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul...

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 33 25 Oktober 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

WOW-spelfees

Baie geluk aan ons leerders wat so puik gevaar het tydens die WOW-spelfees. Ons is voorwaar trots op julle!

Encore 2018

Sterkte aan al die deelnemers wat vanaand en moreaand optree. Baie dankie vir al die personeel wat so hard gewerk het om hierdie revue op die been te bring.

R5-projek

Ons herinner ouers aan die vrywillige R5-projek. Die houertjies kan reeds nou al by Lizelle Fritz in die algemene kantoor ingehandig word. Die leerders kan ook tydens ons Dankfees op 30 Oktober dit kom inhandig. Baie dankie aan die van u wat die R5-projek reeds ondersteun het.

Personalia

Ons dink aan Servaas Nel wie se mamma baie ernstig siek is en al geruime tyd in die hospitaal is. Servaas, ons bid dat daar spoedige beterskap sal wees.

Baie geluk aan Zelda Duvenage wat verlede week met Ruan Macdonald in die huwelik getree het. Mag julle huwelik geseënd wees. Baie geluk ook aan Maricia Macdonald wat ‘n nuwe skoondogter bygekry het.

BELANGRIKE DATUMS

DATUM AKTIWITEIT

ALGEMEEN 30 Oktober Dankfees

6 November Gr. 7-prysuitdeling

23 November Gr. 7-Gedenkklokseremonie

23 November Gr. 1- tot gr. 6-Afsluitingsfunksie op rugbyveld

26 November Gr. 4- tot gr. 6-Sport- en kultuurprysuitdeling

28 November Gr. 7-Afsluiting – Gold Reef City

AKADEMIE 12 – 23 November Eksamen: Gr. 4- tot gr. 7-leerders

SPORT 9 – 16 November Trinity Festival o/9’s

KULTUUR 25 & 26 Oktober Encore! Revue en Koor musical

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

VAKATURE BESKIKBAAR: NASKOOLSENTRUM ‘n Vakature het ontstaan vir ‘n dame wat daagliks gedurende skoolkwartale vanaf 13:00 – 17:30 in die parkie na die gr. R-naskoolleerders kan omsien. Kwaliteite: Kreatiwiteit; ‘n liefde vir kleuters; inisiatief Diensaanvaarding: 9 Januarie 2019 Salaris onderhandelbaar. Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan [email protected] stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie binne 3 weke vanaf 31 Oktober van ons hoor nie, was u aansoek onsuksesvol.

Johan Kilian

Voorsitter: Beheerliggaam

REDAKSIE

Ons wil graag hierdie week ‘n bietjie gesels oor skooltrots. Met die toekenningsaande wat net om die draai is, besef ons opnuut hoe bevoorreg ons is met die kwaliteit leerders in ons skool. Ons kinders neem met trots deel aan ‘n menigte sportaktiwiteite waar hulle alles gee vir hulle spanne en skool. Die kultuurleerders blink uit op verskeie gebiede en maak ons trots op hulle passie en die oorgawe waarmee hulle hul talente uitleef. Akademies is ons leerders pligsgetrou en hardwerkend. Hulle presteer pragtig en doen hulle bes. Wat algemene gedrag en optrede betref, staan Laerskool Fairland se kinders uit met hulle goeie maniere en medemenslikheid.

Daar is egter een area waaraan nog meer aandag gegee kan word:

Die skoolbeleid ten opsigte van hare en kleredrag is baie volledig uiteengesit. Dis iets waarop ons baie trots is. Die baie opsies betreffende die verskillende aktiwiteite maak dit maklik vir die leerders om altyd reg geklee te wees. Tog, is daar heelwat leerders wat nie altyd korrek geklee is nie, wat hulle klere laat rondlê en die beleid oortree wat hare en juweliersware betref. Ons wil tog vra dat u sal verseker dat u kinders altyd by die beleid se reëls hou in die verband. Ons wil graag hê dat ons leerders net so trots op hulle voorkoms as op hulle ander prestasies moet wees. Die word uniform beteken eenvormigheid.

Onthou dat julle ons beelddraers is!

Erika

OUD-LEERDERS PRESTEER

HELPMEKAAR KOLLEGE Baie geluk aan Luan Roos wat aangewys is as die DUX-leerder 2018.

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

3

AKADEMIE

EKSAMENROOSTER: NOVEMBER 2018

GRAAD 4 GRAAD 5 GRAAD 6 GRAAD 7

Ma. 12 Nov. Afrikaans Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Di. 13 Nov. EBW

Wo. 14 Nov. NW NW NW (common) NW

Do. 15 Nov. Tegnologie

Vr. 16 Nov. Wiskunde Wiskunde Wiskunde (common) Wiskunde

Ma. 19 Nov. Engels Engels Engels (common) Engels

Di. 20 Nov. SK

Wo. 21 Nov. Geskiedenis Geskiedenis Geskiedenis Geskiedenis

Do. 22 Nov. Aardrykskunde Aardrykskunde Aardrykskunde Aardrykskunde

Vry. 23 Nov. LV LV LV LO

KULTUUR

REVUE

DATUM: 25, 26 Oktober 2018 TYD: 19:00 PLEK: Skoolsaal Kaartjies: R50 per persoon

Ons nooi graag alle belangstellendes om ons skool se eerste optredes van die revuegroepe asook ons twee kore te kom ondersteun by die opwindende nuwe jaarlikse aanbieding, Encore! Die program bied die volgende aan:

Magical Moments – Revue ( Sluit natuurlik ‘n onderwyseritem in!) ‘n Amper rampspoedige Rapsodie – Junior- en Seniorkore se musikale blyspel weereens op die planke! Dus…as julle die eerste optrede van Rapsodie gemis het, is dit nou jou heel LAASTE kans om hierdie spogproduksie te sien. En as jy weet hoeveel pret ‘n revue is, MOET jy hierdie heel EERSTE opvoering van ons twee revuespanne kom ondersteun!

Ons hoop om julle almal daar te sien vir hope pret en pragtige optredes deur ons talentvolle kinders.

Stuur e-pos vir kaartjiebesprekings na [email protected].

SENIOR- en JUNIORKOOR

Oefeninge

25 Oktober: “Run” in skooltyd

Optredes

25 Oktober 26 Oktober 30 Oktober – Dankfees

Juniorkoor afsluiting: 6 November

Seniorkoor afsluiting: 7 November

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

4

DANS

Maandae: 14:00 - 14:30 ( gr. 1 en gr. 2) 14:30 - 15:15 ( gr. 3 en gr. 4) 15:15 – 16:00 (gr. 5 – gr. 7)

DRAMA

Geen oefening op 25 Oktober nie as gevolg van Revue.

Laaste oefening vind op 1 November plaas. Ons gaan lekker piekniek hou. Bring iets saam om te eet en te

drink.

SPORT

KRIEKET

Oefentye (Slegs A-spanne; ander spanne reeds afgesluit)

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae en Woensdae: 13:45 - 15:15

Ons o/10A-krieketspan het die Donderdag en Vrydag hier op ons velde in ons eie o/10-krieketfees wedstryde

gespeel. Deelnemende skole sluit Laerskool Orion, Laerskool Lynnwood en Trinityhouse Randpark Ridge in.

Hulle speel 3 wedstryde en wen 2 van daardie wedstryde.

Spesiale vermelding: Kian Vermaak teken 74 lopies van 46 balle af aan.

Cornwall Hill o/11 – Krieketfees

Ons o/11A-krieketspan het die Vrydag en Saterdag by Cornwall Hill in Pretoria in hulle krieketfees wedstryde

gespeel. Hulle speel teen Southdowns en Trinityhouse Randpark en wen albei daardie wedstryde met 7

paaltjies.

Spesiale vermelding: Jean du Toit teken 64 lopies aan

o/10A wen met 7 paaltjies vs Louw Geldenhuys

o/11A wen met 96 lopies vs Louw Geldenhuys

o/11B wen met 7 paaltjies vs Louw Geldenhuys

Spesiale vermelding: Jean du Toit (o/11A) 75 lopies

Rico Vosloo (o/11A) 58 lopies

Kian Vermaak (o/10A) 71 lopies

1ste-span verloor met 97 lopies vs Louw Geldenhuys (Semi-finaal)

o/10B wen met 113 lopies vs Louw Geldenhuys

o/9A wen met 3 lopies vs Fontainebleau (Semi-finaal)

Spesiale vermelding: Evan van der Walt (o/10B) 51 lopies n.u.n.

Xander Jackson (o/10B) 50 lopies n.u.n.

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

5

MINI-KRIEKET

Oefentye

Maandae: 13:30 - 14:15 Dinsdae: 13:00 - 14:00

Wedstryde gaan by Randburg Sportgronde plaasvind.

Datums: 25 Okt., 1 Nov. en 8 Nov.

o/6 - Gr. R

Oefentye: Dinsdae en Woensdae: 13:10 - 14:00

TENNIS

Seniortennis

Voorlopige JHB-ligawedstryde

Dogters A: 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Dogters B: 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Seuns A: 25 Okt. Fontainbleau B (tuis) 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Seuns B: 25 Okt. Trinity, Randpark (tuis) 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Uitslae:

Seniorseuns B verloor 38 – 43 vs Bryneven Primary

Seniordogters B wen 19 – 3 vs Curro Aurora

Seniordogters B wen 53 – 19 vs TrinityHouse Randpark

Juniortennis – Rondomtalie

Die rondomtalie vir die seuns sal op die volgende dae plaasvind:

Donderdag 1 November – Novak Djokovic

Maandag 5 November – Stan Wawrinka

Dinsdag 6 November – Rafael Nadal

Woensdag 7 November – Roger Federer

Wedstryde begin op Donderdag 1 November en Maandag 5 November stiptelik om 14:15.

Wedstryde begin op Dinsdag 6 November en Woensdag 7 November stiptelik om 13:45.

Leerders mag tweede pouse aantrek en speel in gewone klere.

Novak Djokovic

Donderdag 1 November

Stan Wawrinka

Maandag 5 November

Rafael Nadal

Dinsdag 6 November

Roger Federer

Woensdag 7 November

Johann Louw Christiaan Campher Joshua Liebenberg Ben Barnard

Jako Martin Muller Martin Nel Graig Rothmann Jonathan Visagie

Willem du Plooy Ruben Bredenkamp Ben Brewis Juan Nieuwenhuizen

Caton Potgieter George Pienaar Julian Engelbrecht Willem Theron

Nathan du Toit Kristian van Gaalen Anrich Campher Ruben Jacobs

Spelers moet asseblief 3 nuwe Green Dot - balle saambring!

LET WEL: DIE DOGTERS SE RONDOMTALIE SAL EERS IN 2019 PLAASVIND.

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

6

ATLETIEK

Oefenprogram vir atlete sal op die d6 geplaas word.

Middelafstande: Oefenprogramme kan by mnr. Jordaan K44 afgehaal word.

SWEM

Galadatums: (4de kwartaal)

Vr. 26 Oktober (Monument Primary)

Vr. 2 November (TrinityHouse, Little Falls)

NETBAL

Fast Five liga

o/12-netbalspan neem deel aan ‘n vriendskaplike Fast Five-liga te Curro, Krugersdorp op die volgende

datums:

31 Okt.

Ons o/12-netbaldogters het Woensdag 17 Oktober by Curro Krugersdorp vriendskaplike Fast 5-wedstryde

gespeel. Laerskool Fairland speel teen Monument Primary en RAM en wen albei daardie wedstryde.

Fairland wen 17 - 6 vs Monument Primary

Fiarland wen 19 - 7 vs RAM

Geluk aan hierdie dogters.

Netbalvaardighede: (Alle o/10- tot o/12-dogters)

Maandae: 14:10 – 15:10

Dinsdae: 13:40 – 14:40

Donderdae: 14:10 – 15:10 (SLEGS VIR DOELE)

ALGEMEEN

VERE-KAS

* verlore klere en sporttoerusting * bekostigbare tweedehandse skoolklere * pragtige aanpaskamers * groter spasie

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige

navrae in verband met die Vere-kas.

MA EN DOGTERNAWEEK 2019 Indien daar ‘n mamma is wat sou belangstel om die organisering van die ma en dogternaweek vir 2019 te doen, kontak asb. vir Karen Nel (K12).

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

7

STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Amy Barnard Gr. 1/22: Luané du Plessis Gr. 1/24: Erwee van den Berg Gr. 1/25: Aliana Oosthuizen Gr. 1/26: Mateo van der Merwe Gr. 1/27: Marcel Ferreira Gr. 2/15: Sade Wilkins Gr. 2/16: Nina Enslin Gr. 2/17: Wynand van Zyl Gr. 2/18: Wian Maartens Gr. 2/21: Kara Janse van Rensburg Gr. 2/23: Amalia Oosthuizen Gr. 3/12: Theresa Richards Gr. 3/13: Caylee Kaminsky Gr. 3/28: Kian Naudé Gr. 3/29: Julian Engelbrecht Gr. 3/45: Sybrand Strauss Gr. 3/46: George Pienaar

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Rooiklas: Lenique Vorster en Rian Esterhuizen

Geelklas: Johan Jonker en Kaylee van der Merwe

Groenklas: Mia Bell en Kihan Greyling

Blouklas: Enzo Nieuwenhuizen en Sasha van Nieuwenhuizen

Persklas: Zanté Kriel en Wandre Bowker

Oranjeklas: Alex Naude en Maya Lloyd

GOEIE GEDRAG Jani du Plessis en Micke Niemandt Gr. 2/23

Micke Niemandt Gr. 2/23

Nader Nagdy Gr. 6.37

Shamiska Kelley Gr. 6/40

Mikko Janse van Rensburg Gr. 6/40

INLIGTINGSENTRUM Gr. 5-leerders wat belangstel om volgende jaar ‘n media- of leesklubleier te wees, moet asb hulle name en ‘n motiveringsbriefie inhandig by die mediasentrum wat verduidelik waarom hulle graag ‘n leier sal wil wees, voor of op Vrydag 26 November 2018. Die media is Woensdagmiddae oop vanaf 13:30-14:30 as jy dalk ‘n boek wil kom uitneem! Groete Juf. Connie PRYSUITDELING: TROFEë

Onthou asb dat alle sport- en kultuurtrofeë (gr. 4 - 6) en alle sport-, kultuur- en akademiese trofeë (gr.7) klaar gegraveer voor/op Vrydag 26 Oktober ingehandig moet wees by juf. Leanie.

LFK GALA-AAND: 27 SEPTEMBER 2018 Foto's beskikbaar. Opgeplak teen juf. Leanie se klasvenster. Bestellings mag geplaas word. R30 vir A5 en R50 vir A4. Betaal kontant by juf. Leanie.

Baie dankie!

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

8

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

KARATE

Op Saterdag 13 Oktober het die Tenshinkan Karatefederasie hul Samurai Span-kampioenskap gehou by die Honbu Dojo in Benoni. ‘n Paar van Laerskool Fairland se leerders wat aan die Tenshinkan-Suid klub behoort is deur hul Sensei gekies om deel te neem aan hierdie span-kampioenskap en Tenshinkan-Suid te verteenwoordig. Die leerders het hulself so goed van hul taak gekwyt dat Tenshinkan-Suid vanjaar (nes in 2017) as algehele wenners aangewys is. Die meisiespan en seunspan het ook onderskeidelik hul afdelings gewen. Hierdie kampioenskap behels mededinging teen studente van die ander Tenshinkan Karate-klubs en studente moet hul staal wys in Kata (beweging) en Kumite (vegkuns). Baie geluk aan Shihan Dai Cindy Ludick (Sensei van Tenshinkan-Suid) en die volgende leerders van Laerskool Fairland: Dylan Buys (gr. 7), Marco Olivier, Amy Olivier en Lienka Jordaan (almal in gr. 4), Jana Mulder en Juan Pretorius.

GHOLF Jean het die voorreg gehad om die vakansie van 2-4 Oktober deel te neem aan die o/13 SA Gholfkampioenskap te Kort Creek Gholfklub. Dit was ‘n besonderse ervaring en ‘n groot geleentheid. Jean eindig 37ste uit die 76 kinders wat gekwalifiseer het en 4de van die 7 Sentraal-Gauteng (CG)-spelers. Baie geluk Jean! AKSIE-NETBAL Daniela Popovic is gekies vir die A-span en Chante Smit vir die B – span om Gauteng-Wes te verteenwoordig in die inter-provinsiale aksie-netbaltoernooi wat volgende jaar in Kaapstad gehou word.

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

9

KULTUUR

LEGENDARY ROCKERS Liam Benade van Niekerk, Kian Benade van Niekerk en Caiden Bouwer het op 13 Oktober deelgeneem aan die instrumentale afdeling as 'n 'band' by Talent Africa. Hulle het deurgedring na die nasionale ronde wat in Maart 2019 plaasvind. Baie geluk!

NEA EISTEDDFOD Milla le Roux (gr. 2/17) het aan haar eerste eisteddfod deelgeneem en baie goed gevaar. Sy neem vir ‘n jaar al sanglesse en verwerf silwer. Sy het ook deelgeneem aan ‘n groepdans by die Ferndale balletfees. Haar groep verwerf ‘n A-simbool.

SA DANCE FESTIVAL Annabelle Kirstein (gr. 2/17) het op 18 Oktober 2018 aan die SA Dance Championship deelgeneem. In die “Festival”- afdeling het sy 1 Hoë Goud en 2 Goue medaljes verwerf. Sy het ook twee 1ste plek medaljes ontvang in die “Championship”- afdeling vir al twee haar danse.

DANS

Contemporary/Lyrical/Modern Claudi Greeff neem op 13 Oktober 2018 aan die Talent Africa streekskompetisie deel. Tydens die kompetisie kwalifiseer sy vir die nasionale ronde. Tydens die ronde word ‘n span gekies wat Suid-Afrika by Talent America in New York sal verteenwoordig – Baie sterkte Claudi!

Ballet

Claudi het ook gedurende die Oktobervakansie aan die “Concours de Ballet Festival” deelgeneem. Sy neem deel aan verskeie afdelings en behaal altesaam 6 x A+-simbole.

Tydens dieselfde kompetisie neem sy deel aan die Prelim Championships 2018 en behaal ‘n 2de plek. By die prysuitdeling ontvang sy 5 Goue Medaljes vir Beste in Afdeling, Beste Improvisasie Trofee as ook die Mavis Beadle Scholarship Trofee. Dis ‘n uitsonderlike prestasie! Baie geluk, Claudi!

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

10

AKADEMIE

WOW-SPELFEES 2018 Weereens was die kompetisie baie straf, met bykans elke graadgroep wat tot drie grade hoër op se spelwoorde ook moes klank/spel. Die spanning het hoog geloop, die senuwees het geknaag, daar is gefrons en soms ook gegons, maar almal is dit eens: dit is ‘n onvergeetlike ervaring. Baie van ons Fairland-deelnemers het onder die Top 10 geëindig. Ons is baie trots op elkeen van julle! Soos aan ons meegedeel, julle vorm deel van die groter prentjie om ons kinders so speel-speel te leer korrek spel sodat jy eendag as jy verder studeer, alreeds ‘n wonderlike woordeskat onder die knie het. Annabelle Kirstein (gr. 2) is as nasionale wenner aangewys. Sy moes tot gr. 5-woorde korrek kon klank. Sy is die beste speller in ons land in haar ouderdomsgroep! Wat ‘n puik prestasie, Annabelle! Ons is dankbaar dat jul ouers julle so positief ondersteun in dié projek. WOW-groete tot volgende jaar! Leanie Taljaard

ADVERTENSIES

RESONANZE MUSIEKSKOOL "MUSIEKLESSE te kies en te keur vir elke tipe musikant-in-wording! Skryf nou in vir sang, kitaar, drom, viool, klavier en marimbas. Resonanze Musiekskool, Berario Ontspanningsentrum, 081 351 7491, [email protected]". TUINWOONSTEL TE HUUR 1-slaapkamer woonstel te huur – R4 800.00 per maand (water, elektrisiteit en DSTV ingesluit). Veilig, met eie parkering. Kontak 082 560-1947

GESINSHUIS OORKANT LAERSKOOL FAIRLAND TE HUUR Pragtige gesinshuis geleë op ‘n groot erf met ‘n welige tuin. 4 Ruim slaapkamers waarvan die hoofslaapkamer toegerus is met ‘n en suite badkamer. Groot kombuis met genoeg kaste, ‘n spens, eetkamer, studeerkamer en ‘n sonkamer met ‘n uitsig oor die tuin. Stoep met ‘n ingeboude braai, spesiaal vir ‘n heerlike familiebyeenkoms. Massiewe tuin wat genoeg spasie bied vir die kinders om in te baljaar. Koue wintersdae hoef jou nie af te sit nie, want daar is selfs ‘n vuurpit. Die huis bied ook ‘n dubbelmotorhuis en ‘n bediendekamer. Prys: Onderhandelbaar Kontak Janine Lewis op 083 297 0811 vir meer inligting.

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

11

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

12

Col’Cacchio, L’Corro Sentrum

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

13

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

14

Page 15: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

15

Page 16: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

16

Page 17: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

17

Arbor Fairland is die skool waar jy kleintyd ontwikkel en groei, jou takkies versprei en uiteindelik saad skiet waarop almal trots is. Ons bied :

18 maande – Graad R

‘n Afrikaans Christelike halfdag kleuterskool met ‘n nasorgfasiliteit tot 16:00

Gekwalifiseerde personeel (B-Ed Grondslag Fase-graad)

Klein klasgroepies met assistente

Terapeute beskikbaar

2 Etes per dag met ‘n gebalanseerde gekookte middagete en ‘n versnapering om 15:00

Buitemuurse aktiwiteite op skoolterrein

Weeklikse Musiek en 4 Instappies per jaar ingesluit

Cre-Grow Wiskunde en Phys Ed vir Graad R-klas

Daar is nog enkele plekkies beskikbaar. Kom maak gerus ‘n draai en ontmoet die Arbor-familie! Marina Theron 011-678 5336 of [email protected] Cornelisstraat 137 (die straat net agter Laerskool Fairland) Fairland

VAKATURE : ADMINISTRATIEWE DIENS : ONTVANGS

Posvereistes

1. Hoë vlak kennis en vaardighede in Word, Excel en PowerPoint.

2. Ontvangs en telefoon.

3. Bestuur van leerderlêers.

4. Noodhulp.

5. Goeie menseverhoudings.

6. Telefoonetiket.

7. Akkuraat en stiptelik.

8. Afrikaanssprekend.

AANSOEKE

Versend ’n volledige CV, duidelik gemerk as aansoek om vakature na

[email protected] vir aandag T Knoetze.

Aansoeke word ook per hand ontvang.

Salaris: Departementele skale as riglyn waarna onderhandelbaar.

Sluitingsdatum: 2 November 2018

Diensaanvaarding: 7 Januarie 2019

Vir navrae: Skakel mnr. Tony Knoetze by (011) 782 6226/7/8

Page 18: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan karen@lsfairland.co.za stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie

18

TUTOR VAN LEERDERS ASOOK VERVOER

Siek gesukkel in die middag om tyd te kry om die kinders se tuiswerk te doen! Hier is die oplossing ! Kan u

help daarmee, asook met ekstra klasse en leer vir die eksamen! Verskaf ook n diens om die kinders vir u te

vervoer.

Kontak Lizette 0725217782 vir die tutoring en ekstra klasse.

Kontak Dorothy vir die vervoer van kinders op 0825528986.