Die groen gras anderkant - Framesby...2019/03/01  · Antonie Botes, 10G Tiaan Bouwer, 10A...

4
Verjaardae hierdie week Saterdag Cailyn Kruger, 12B Bianke Louwrens, 12E Christiaan Schutte, 11B Sondag Démi Ainslie, 11B Tara-Lee Havenga, 8B Douw Joubert, 9G Juan-Claude Strydom, 8G Maandag Antonie Botes, 10G Tiaan Bouwer, 10A Annastacia Helmey, 12D Estian Jonck, 10D Shawn Momberg, 12D Elouise Moolman, 12E Vic Taylor, 9E Dinsdag Anke Du Toit, 9G Odette Kruger, 12A Nolene Spinks, 12B Sémon v d Westhuizen, 8D Woensdag Elmien Hartslief, 9A Harnu Kloppers, 11B Mekayla Koekemoer, 9G Megan Liebenberg, 12E Elri Schooling, 9E Kylie van Greunen, 10G Dallyn Windvogel, 10A Donderdag Leandra Giessing, 8C Tuan Krugell, 8G Anri van Zyl, 8E Chanél Zeelie, 10C Vrydag Nicole Bird, 8E Edrich Botha, 12E Herman Fourie, 8E Rochelle J v Rensburg, 9B Marnu Mostert, 11C Cody Pretorius, 8F Tiaan van Eeden, 11A Daar is die spreekwoord dat die gras altyd groener lyk anderkant die draad, en ons gebruik dit maklik om ander mense te kritiseer wat maklik oor hul eie omstandighede kla. Wat gedurig ontevrede is en verskonings uitdink vir hul eie tekortkominge. Wat voel dat hulle beter verdien. Almal wat hou van kaartspeel weet dat die “hand” waarmee jy gedeel word in ‘n groot mate die uitkoms van die spel gaan bepaal. As die kaarte in jou hand swak is, is die kanse goed dat jy gaan verloor. Maar die gesoute speler weet ook dat jy nie ‘n keuse het nie, jy moet die beste maak van die kaarte waarmee jy gedeel is. En dan gebeur dit dat slim, en dikwels slinkse, spel, die ander spelers om die tafel heeltemal uitoorlê, en dat die hopelose “hand” die onwaarskynlike regkry en die spel wen. Net so word ons die kaarte van die lewe gedeel, en kan ons nie bekostig om net oor te gee wanneer die kaarte in ons hand nie te waffers is nie. Dis juis die uitdagings wat ons hele wese uitdaag. Hoe ons daarop reageer is waaroor dit eintlik moet gaan, en die “slim” spelers in die lewe soek nooit die maklike uitweg nie. Sal nooit net hulle kaarte ingooi en net speel wanneer die goeie kaarte vir hulle gedeel word nie. Binne die Framesby-gemeenskap is daar baie mense aan wie daar bitter “swak hande” gedeel is. Die lewe slaan hulle voortdurend hard en dis ‘n stryd om kop bo water te hou. Dis egter opmerklik hoe hierdie mense terugbaklei en die beste probeer maak van die paar goeie kaarte tot hulle beskikking. Mense wat weet dat die groen gras daar anderkant eintlik niks groener is as die gras hierdie kant nie. Dat vasbyt en deurbyt jou sterker maak. Dis dan juis hierdie omstandighede binne ons skool wat Framesby sy unieke karakter gee. Dat hier leerders in ons skool is wat in huise grootword waar daar in al hul behoeftes voorsien kan word, en waar ouers die tyd en vermoë het om hul kinders in elke opsig met liefde te oorlaai en te kan ondersteun, maar dat daar terselfdertyd baie leerders hier skoolgaan wat nie elke dag weet waar die dag se kos vandaan gaan kom nie. Gesinne wat platgeslaan is deur siekte in die huis, die dood van broodwinners, die onverwagse verlies van werk en inkomste. Framesby is hierdie gemeenskap se skool, en bied ongelooflik baie aan sy leerders. In baie opsigte kan ons net die Here loof en prys vir Sy genade, en Sy liefde waarmee hy ons toevou. Dit sou so maklik wees vir baie ouers en leerders om net boedel oor te gee, om die karate in te gooi en te vou. Om die skuld op almal te pak, en om verlangend oor die draad te bly kyk na die “groener” gras daar anderkant. Maar dit gebeur nie. Ons mense is vasbyters wat met trots hul omstandighede aanvat en elke dag die beste probeer maak van elke geleentheid. Ons kan met trots sê dat Framesby die skool is wat hy is, ten spyte van, en nie as gevolg van, die houe wat die lewe dikwels uitdeel nie. Baie dankie aan almal wat elke dag baklei om die beste vir hul kinders te probeer gee! Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie! Uitgawe 173: 1 Maart 2019 Kontakbesonderhede: [email protected] Die groen gras anderkant

Transcript of Die groen gras anderkant - Framesby...2019/03/01  · Antonie Botes, 10G Tiaan Bouwer, 10A...

Page 1: Die groen gras anderkant - Framesby...2019/03/01  · Antonie Botes, 10G Tiaan Bouwer, 10A Annastacia Helmey, 12D Estian Jonck, 10D Shawn Momberg, 12D Elouise Moolman, 12E Vic Taylor,

Verjaardae hierdie week

Saterdag Cailyn Kruger, 12B

Bianke Louwrens, 12E Christiaan Schutte, 11B

Sondag Démi Ainslie, 11B

Tara-Lee Havenga, 8B Douw Joubert, 9G

Juan-Claude Strydom, 8G

Maandag Antonie Botes, 10G Tiaan Bouwer, 10A

Annastacia Helmey, 12D Estian Jonck, 10D

Shawn Momberg, 12D Elouise Moolman, 12E

Vic Taylor, 9E

Dinsdag Anke Du Toit, 9G

Odette Kruger, 12A Nolene Spinks, 12B

Sémon v d Westhuizen, 8D

Woensdag Elmien Hartslief, 9A Harnu Kloppers, 11B

Mekayla Koekemoer, 9G Megan Liebenberg, 12E

Elri Schooling, 9E Kylie van Greunen, 10G Dallyn Windvogel, 10A

Donderdag Leandra Giessing, 8C

Tuan Krugell, 8G Anri van Zyl, 8E

Chanél Zeelie, 10C

Vrydag Nicole Bird, 8E

Edrich Botha, 12E Herman Fourie, 8E

Rochelle J v Rensburg, 9B Marnu Mostert, 11C Cody Pretorius, 8F

Tiaan van Eeden, 11A

Daar is die spreekwoord dat die gras altyd groener lyk anderkant die draad, en ons gebruik dit maklik om ander mense te kritiseer wat maklik oor hul eie omstandighede kla. Wat gedurig ontevrede is en verskonings uitdink vir hul eie tekortkominge. Wat voel dat hulle beter verdien. Almal wat hou van kaartspeel weet dat die “hand” waarmee jy gedeel word in ‘n groot mate die uitkoms van die spel gaan bepaal. As die kaarte in jou hand swak is, is die kanse goed dat jy gaan verloor. Maar die gesoute speler weet ook dat jy nie ‘n keuse het nie, jy moet die beste maak van die kaarte waarmee jy gedeel is. En dan gebeur dit dat slim, en dikwels slinkse, spel, die ander spelers om die tafel heeltemal uitoorlê, en dat die hopelose “hand” die onwaarskynlike regkry en die spel wen. Net so word ons die kaarte van die lewe gedeel, en kan ons nie bekostig om net oor te gee wanneer die kaarte in ons hand nie te waffers is nie. Dis juis die uitdagings wat ons hele wese uitdaag. Hoe ons daarop reageer is waaroor dit eintlik moet gaan, en die “slim” spelers in die lewe soek nooit die maklike uitweg nie. Sal nooit net hulle kaarte ingooi en net speel wanneer die goeie kaarte vir hulle gedeel word nie. Binne die Framesby-gemeenskap is daar baie mense aan wie daar bitter “swak hande” gedeel is. Die lewe slaan hulle voortdurend hard en dis ‘n stryd om kop bo water te hou. Dis egter opmerklik hoe hierdie mense terugbaklei en die beste probeer maak van die paar goeie kaarte tot hulle beskikking. Mense wat weet dat die groen gras daar anderkant eintlik niks groener is as die gras hierdie kant nie. Dat vasbyt en deurbyt jou sterker maak.

Dis dan juis hierdie omstandighede binne ons skool wat Framesby sy unieke karakter gee. Dat hier leerders in ons skool is wat in huise grootword waar daar in al hul behoeftes voorsien kan word, en waar ouers die tyd en vermoë het om hul kinders in elke opsig met liefde te oorlaai en te kan ondersteun, maar dat daar terselfdertyd baie leerders hier skoolgaan wat nie elke dag weet waar die dag se kos vandaan gaan kom nie. Gesinne wat platgeslaan is deur siekte in die huis, die dood van broodwinners, die onverwagse verlies van werk en inkomste.

Framesby is hierdie gemeenskap se skool, en bied ongelooflik baie aan sy leerders. In baie opsigte kan ons net die Here loof en prys vir Sy genade, en Sy liefde waarmee hy ons toevou. Dit sou so maklik wees vir baie ouers en leerders om net boedel oor te gee, om die karate in te gooi en te vou. Om die skuld op almal te pak, en om verlangend oor die draad te bly kyk na die “groener” gras daar anderkant. Maar dit gebeur nie. Ons mense is vasbyters wat met trots hul omstandighede aanvat en elke dag die beste probeer maak van elke geleentheid. Ons kan met trots sê dat Framesby die skool is wat hy is, ten spyte van, en nie as gevolg van, die houe wat die lewe dikwels uitdeel nie. Baie dankie aan almal wat elke dag baklei om die beste vir hul kinders te probeer gee!

Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie!

U i t g a w e 1 7 3 : 1 M a a r t 2 0 1 9 Kontakbesonderhede: [email protected]

Die groen gras anderkant

Page 2: Die groen gras anderkant - Framesby...2019/03/01  · Antonie Botes, 10G Tiaan Bouwer, 10A Annastacia Helmey, 12D Estian Jonck, 10D Shawn Momberg, 12D Elouise Moolman, 12E Vic Taylor,

Framesby is trots op ....

Saterdag 2 Maart

Sondag 3 Maart

Maandag 4 Maart

Dinsdag 5 Maart

Woensdag 6 Maart

Donderdag 7 Maart

Vrydag 8 Maart

Atletiek OP

Kampioenskappe Hokkie: OP

proewe Netbal NMU Rugby A Rabie

Gholf

SA Skole (K) Wedgewood

Dag 6 Toetsdag

Dag 7 English Olympiad

Dag 8 Dag 9 Toetsdag Atletiek: Oos-Kaap Laerskole Sportdag Relay Hokkie 7’s (S) Krieket (D) St. Dom

Dag 10 Toetsdag Atletiek: Oos-Kaap

Program vir hierdie week

Atlete kook by metro-byeenkoms Die Metro-byeenkoms het die afgelope Saterdag by die Oval plaasgevind. Ons kan met groot opgewondenheid

meld dat die Framesby-atlete uitstekend gevaar het, en dat veral ons veldatlete ongelooflik op vorige jare verbeter het. Hierdie byeenkoms het die ou OP-hoërskolebyeenkoms van vroeër vervang, en die atlete wat vir die Metrospan gekies word, sal aan die Oos-Kaap-byeenkoms deelneem.

Ons is veral trots op ons atlete wie se prestasies hulle onder die top 20 by die byeenkoms geplaas het. By die seuns was Tiaan Erskine eerste met sy 61,34m in die hamergooi. Johan van Biljon was derde met sy afstand van 53,12 m in die diskus. Freddie Steffens (6de), De-Leon Strydom (8ste) en Gerhard Venter (10de) was onder groot uitblinkers met hul wentye in die hinderniswedlope. By die dogters was Charnleigh Kotze 13de met haar 11,28m in die gewigstoot, terwyl Zanri Black 19de geplaas is met haar tyd van 47,9 sek. in die 300m hekkies. Baie geluk aan al hierdie atlete!

Ons is baie trots daarop dat ons atlete altesaam 39 eerste plekke behaal het. Hulle is Zanri Black (300m hekkies, 800m en 400m), Johan van Biljon (gewigstoot en diskus), Michael Spinks (110m hekkies en 400m hekkies), Karla Scheffer (800m en 400m), Monique van Rooyen (driesprong en spiesgooi), Keigh-Lee van Tonder (200m hindernis en 3000m), Tiaan Erskine (hamergooi), De-Leon Strydom (2000m hindernis), Wehan Smith (1500m), Corné Scheepers (hamergooi), Brian Ellard (verspring), Zander van Eyk (paalspring), Gerhard Venter (1500m hindernis), John-Niklas Antonio (paalspring), Hugo Nothnagel (driesprong), Travis van Tonder (3000m), Melissa Hamilton (2000m hindernis), Marike Louw (driesprong), Kelly Schmidt (3000m).

Intussen is die Metrospan aangewys wat volgende week aan die Oos-Kaap-byeenkoms gaan deelneem. Altesaam 47 Framesby-atlete is in hierdie span opgeneem. Dis ‘n ongelooflike prestasie! Baie geluk aan al ons atlete met hierdie prestasie en baie sterkte met die byeenkoms.

Tennis onoorwonne en netbal kook!

Ons eerste dogterstennisspan het hierdie seisoen uitstekend gevaar deur die seisoen onoorwonne in die liga af te sluit! Alhoewel hulle nie ‘n enkele wedstryd verloor het nie, wag ons in spanning om te hoor of hulle die uiteindelike wenners is, aangesien die punte finaal moet bereken word. Baie geluk, dames!

Ons eerste netbalspan het die siesoen op ‘n baie hoë noot afgeskop deur alle teenstand uit die pad te vee by die jaarlikse Gill Kollege-sportdag. Hulle het vyf wedstryde gespeel en in die proses afgereken met twee van ons tradisionele opponente, Nico Malan en Brandwag. Baie geluk! Mag dit die begin wees van ‘n GROOT seisoen!

Page 3: Die groen gras anderkant - Framesby...2019/03/01  · Antonie Botes, 10G Tiaan Bouwer, 10A Annastacia Helmey, 12D Estian Jonck, 10D Shawn Momberg, 12D Elouise Moolman, 12E Vic Taylor,

Die Framesby-gholfspan het hierdie seisoen uitstekend gespeel en slaag uiteindelik daarin om tweede in die skole-liga te eindig. In die proses het hulle ‘n hele paar ander gustelinge die loef afgesteek. Dis ‘n wonderlike prestasie, veral as in ag geneem word dat verskeie skole oor gedugte spanne beskik. Ons span het egter deurgaans gewys dat hulle geen duim terugstaan nie. Baie geluk aan al ons spelers!

Ons span neem hierdie naweek deel aan die kwalifiserende toernooi vir die Suid-Afrikaanse skole-toernooi wat later vanjaar in Nylstroom plaasvind. Die wedstryde vind by die Wedgewoodbaan plaas en die skole wat deelneem is Framesby, Daniel Pienaar, Grey, Kirkwood, Port Alfred en Nico Malan. Twee skole mag kwalifiseer, en ons hou styf duim vas dat die Framesby-ysters die wa deur die drif sal trek. Baie sterkte!

Gholfspan eindig tweede in liga!

Ons eerste gholfspan reg vir die GROOT stryd hierdie naweek.

Een van die grootste gebeure op ons kultuurkalender is die KykNet-Tienertoneelkompetisie wat elke jaar

aangebied word, en waar Framesby oor die jare ‘n besondere reputasie van uitnemendheid opgebou het. Die

2019-Oos-Kaap uitdunne vir hierdie kompetisie word môre (2 Maart) by ons skool gehou. Die kompetisie word in

die Skeppende Kunste-lokaal aangebied en skop om 10:30 af. Leerders van oor die hele Oos-Kaap sal hul talente

hier kom uitstal en toneelspel van uitstaande gehalte kan verwag word.

Vanjaar het ses leerders van Framesby vir hierdie kompetisie ingeskry. Hulle is Karla Basson, Cara-Mari Botha,

Miecqe Kotzé, Amecia Maarman, Ruan Olivier en Dallyn-Claude Windvogel. Hierdie leerders is almal vanaf 15:30

in die SK-klas te sien, en ons nooi almal uit om hulle te kom ondersteun. Hulle het baie hard gewerk en ons sien

uit na wonderlike optredes en hou styf duim vas! “Break a leg”!!

Maak of breek hierdie naweek in die tienertoneel!

Hier is ons sterre van die toekoms: Cara-Mari, Dylan-Claude, Miecqe, Amecia, Ruan en Karla. Dylan sal beslis nie môre kop verloor soos op die foto nie! Ons glo dat al ses hul plekke sal verseker vir die eindrondte in die Kunstekaap!

ONTHOU! Maandag 11 Maart is die eerste fotodag van 2019. Alle klas-

foto’s, individuele foto’s en someraktiwiteitfoto’s word geneem. Almal

skryf ook op die dag Engels!!

Page 4: Die groen gras anderkant - Framesby...2019/03/01  · Antonie Botes, 10G Tiaan Bouwer, 10A Annastacia Helmey, 12D Estian Jonck, 10D Shawn Momberg, 12D Elouise Moolman, 12E Vic Taylor,

Leer om te gee Paulus het volgens Handelinge 20:35 in sy gesprek met die ouderlinge van Efese ’n woord van Jesus aangehaal wat op geen ander plek in die Nuwe Testament vir ons opgeteken is nie, naamlik: “Om te gee maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.” Dit is ’n uitspraak waarvan ’n mens nie maar net verstandelik kennis moet neem nie. Dit is iets wat ’n mens in jou lewe moet leer deur dit in praktyk te bring. Eers dan besef ’n mens die waarheid daarvan en ervaar jy die geluk wat daarin deur Jesus beloof word. Ons is meestal so bewus van ons eie behoeftes of vermeende behoeftes dat ons nie aan die nood van andere dink nie. Ons leef in ’n samelewing waar die handel en nywerheid in groot mate daarop ingestel is om altyd weer nuwe behoeftes by ons op te wek. Die hele advertensiewese is gemik op dié dele van die bevolking wat ekonomies sterk genoeg is om allerlei weelde-artikels te kan bekostig. Finansiële instellings praat ons aan dat ons oorsese reise, swembaddens, motorbote en talle dinge meer kanbekostig as ons maar net by hulle wil aanklop en gereeld ’n bedraggie wil belê. Ons word langsamerhand gekondisioneer om te dink dat ons al hierdie heerlikhede behoort te hê, en ons spaar en leen en bedink allerlei moontlikhede hoe om iets te smaak van die “lekker lewe” wat aan ons voorgehou word. In hierdie proses word dit egter vir ons onmoontlik om nog aan die armes en behoeftiges in ons midde te dink. Hulle verdwyn eenvoudig uit ons gesigsveld, selfs al loop hulle daagliks lewensgroot tussen ons rond. Dat daar duisende mense in Afrika is wat in die greep van hongersnood gevange is; dat daar rondom ons mense is wat nog nooit in hulle lewe die weelde van ’n ordentlike woning of selfs ’n behoorlike bed gesmaak het nie; dat daar talle is wat nie die geleentheid het om tot volle menswees te ontwikkel nie, omdat die middele daarvoor ontbreek – dit sien ons nie meer raak nie. Dit is opvallend dat Paulus in die genoemde teks aan die Efesiërs sê: “Deur my voorbeeld het ek vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help.” Die armes was altyd vir die Christelike kerk ’n faktor van die grootste belang. Paulus gebruik hier selfs die hulp aan die armes as ’n motivering vir waarom ’n mens hard moet werk. Ons werk ook hard, maar nie ter wille van die armes wat ons daardeur kan help nie. Dit gaan veel eerder vir ons om die ekstra plaas of eiendom wat ons nog wil bykoop, om die vermeerdering van ons eie weelde en bates. Maar daarmee toon ons dat ons hele lewensinstelling materialisties is en vreemd aan wat Jesus dit bedoel het om te wees. Ons sal nooit weet hoe gelukkig dit ’n mens kan maak om uit te deel waar dit nodig is voordat ons onsself hartgrondig van ons hebsug en materialisme bekeer nie.

Uit Die Burger, 4 Augustus 1984

Op-tweekampspan weer vol framesby-atlete

Die OP-tweekampspan wat op 30 Maart aan die SA-tweekampkampioenskappe gaan deelneem, is pas aangewys en altesaam 13 Framesby-atlete is in die span opgeneem. ‘n Verdere 3 atlete is as reserwes gekies. Baie geluk aan al hierdie atlete! Die reserwes sal ook aan die kampioenskappe deelneem aangesien die kampioenskappe ook sommer dien as ‘n skole-kompetisie. Framesby behoort baie goed in hierdie kompetisie te vaar en ons sien uit daarna om te hoor waar ons span geëindig het! Baie sterkte aan al ons atlete wat op hierdie stadium omtrent almal nog ernstig aan atletiek deelneem, en baie dankie vir alles wat julle insit. Wees verseker dat al die harde werk beloon sal word! Die atlete in die span is Zanri Black, Ilze Hattingh, Karla Scheffer, Anja Baard, Melissa Hamilton, Lara de Bloe, Lize-Me Otto, Anja Webber, Francois Vosloo, Wehan Smith, Juan Baard, IP vd Merwe en De-Leon Strydom. Die reserwes is Anke Scheffer, Zack Serfontein, en Hugo Nothnagel.

Soos hierbo berig, het altesaam 47 Framesby-atlete die span gehaal om vanaf Donderdag die Metro by die Oos-Kaap-skole-byeenkoms te verteenwoordig. Dit is die meeste atlete wat ons ooit vir hierdie span gelewer het! Hulle is John-Niklas Antonio, Zanri Black, Jason Crous, Conrad Dames, Lara de Bloe, Anica de Ridder, Mienke Deyzel, Brian Ellard, Melissa Els, Tiaan Erskine, Morne Ferreira, Aiden Gericke, Melissa Hamilton, Charnleigh Kotze, Nelrie Kruger, Marieke Louw, Robyn-Lee Monroe, Hugo Nothnagel, Jaco Pretorius, Lathan Sass, Corne Scheepers, Anke Scheffer, Karla Scheffer, Kelly Schmidt, Ayden Schoeman, Zack Serfontein, Chaney Smit, Edon Snyman, Leigh Snyman, Trischke Stapelberg, Freddie Steffens, Anel Strauss, De-Leon Strydom, Kayla Strydom, Johan van Biljon, Casey van der Berg, Zander van Eyk, Kara van Heerden, Shani van Heerden, Monique van Rooyen, Keigh-Lee van Tonder, Travis van Tonder, Hanniska van Vuuren, Anri van Zyl, Ip van der Merwe, Gerhard Venter en Anja Webber.

Baie geluk aan al hierdie atlete met die besondere prestasie. Alles van die beste met die volgende byeenkoms. Ons vertrou dat dit baie goed sal gaan en dat ‘n groot groep die Oos-Kaap span sal haal.

Metrospan wemel van

die framesby atlete!